HOP Pine Blue See Through FinalNourishing Skin since 1850

 

HOP Pine Blue See Through Final

 

 

Healing Oil Products

Tel: 072 588 9090 office hours Monday to Friday 9am to 4pm

Closed Weekends and SA Public Holidays

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 PRICE LIST

Healing Oil Products is based in Cape Town with Clients in 35 countries. Order Online, request an order form via email, or visit one of our Selected Outlets.

 

Please note that prices are subject to material price increases and may change without prior notice.

 

 

  

Healing Oil Products for Axhilirit Eczema and Rejuvinit Anti-Ageing on Pinterest

Eczema and Anti Ageing Healing Oil Products

 

 

072 588 9090 

Office Hours Mon-Fri :

9:00 - 16:00

 

Last update: 14 September 2017

 

Available Payment Methods:

PayPal, PayFast, EFT, Cash

 paypal 

 PayFast-logo

  Bank Transfer - EFT Mastercard  Visa

Secure, 3rd Party Online Payments since 2009. 

Copyright © 2009-2017 RFGibson Healing Oil Products.

All copyright rights reserved. 

Rejuvinit Exclusive Beauty Products1

 

 

 

 

AFR Axhilirit Ekseem Produkte

1 - Axhilirit E Eczema for all types of eczema prone skin treatment product

 

 

 Koop Axhilirit E Produkte 1 - Axhilirit E Eczema for all types of eczema treatment product

 

Axhilirit© Ekseem
Inligtingspamflet


Ekseemlyers wat Axhilirit© Ekseem Olie gebruik, het Healing Oil Produkte vriendelik versoek om ʼn nuwe, meer omvattende inligtingspamflet vry te stel om ekseemlyers toe te laat om die volle voordeel van ons ekseemprodukte te geniet.

Neem asseblief kennis dat u u geneesheer moet kontak indien die simptome van u ekseem na behandeling met ons produkte aanhou.

Healing Oil Produkte se produkte is ontwikkel om te assisteer in die behandeling van beskadigde vel en kan nie as ʼn wondermiddel voorgehou word nie.


Ekseem is deur kliënte in die volgende kategorieë ingedeel:
· Nat Ekseem;
· Droeë Ekseem
· Seisoenale Ekseem;
· Kontak Dermatitis;
· Gewrigsareas (in waai van elmboë, knieë, ens)

· Akuut - die meeste van die liggaam of 'n kombinasie van enige van die bogenoemde.

. Kopvel-ekseem

. Ekseem op die ooglede en in die wimpers

. Ekseem in die ore

Deur eksperimentering is daar getoon dat ʼn verskeidenheid kombinasies van Healing Oil Produkte die beste resultate oplewer.


Axhilirit © Ekseem Room:
As gevolg van vriendelike versoeke deur Axhilirit© Ekseem Olie gebruikers, word Axhilirit© Ekseem Olie nou ook ingemeng in ‘n natuurlike plantaardige room.


Nat Ekseem:
Die gebruik van Axhilirit© Olie word aanbeveel vir die uitdroog van die geaffekteerde areas. Wend 'n druppel op ʼn slag twee keer per dag aan op die geaffekteerde area. Wanneer die simptome verbeter kan die aanwendings verminder word na een maal per dag. Hou aan met die daaglikse aanwending vir ten minste 10 dae nadat die simptome opgeklaar het. ʼn Detoksifiserende bad met 10 druppels Axhilirit© Ekseem Olie in die water bygevoeg, word aanbeveel
om die vel te bevogtig en dien as voorkomende behandeling nadat die ekseem toestand opgeklaar het.


Droeë Ekseem:
Op die hande, voete, tussen die vingers en tone, op vingers alleen, op ooglede: Masseer versigtig 'n druppel Axhilirit© Ekseem Olie in die betrokke area, een of twee keer ʼn dag, opgevolg met 'n baie dun lagie Axhilirit© Salf. Andersins kan u Axhilirit© Ekseem Room uitsluitlik op hierdie gedeeltes gebruik.


Op die hoof alleen (bv. babas, kopvel ekseem): Indien die geaffekteerde area klein is kan die Axhilirit© Ekseem Olie direk aangewend en saggies ingemasseer word. Waar die hele kopvel geaffekteer is kan 3-4 druppels in 250ml water gebruik word om die hare mee af te spoel. Die kopvel van jong kinders kan ook met Axhilirit© Salf of Axhilirit© Ekseem Room behandel word.
Lastige kolle op sekere areas van die liggaam: Wend ʼn klein hoeveelheid Axhilirit© Ekseem Olie aan deur dit saggies in die area in te vryf, aanvanklik twee maal per dag en verminder dan na een maal per dag soos die toestand verbeter. Hou aan met die behandeling vir ten minste 10 dae nadat die simptome opgeklaar het. Party droeë kolle reageer besonders goed op behandeling met ‘n ligte lagie Axhilirit© Salf 2-3 keer per dag aangewend.


Groot dele van die liggaam: Die maklikste manier is om te begin met 'n genesingsbad. Voeg 10 druppels Axhilirit© Ekseem Olie in die badwater. Alternatiewelik, meng 3 druppels Axhilirit© Ekseem Olie per 5ml Tissue Oil of Vitamiene E Room en wend aan die geaffekteerde dele. Gaan voort met die bad behandelings tot die ekseem onder beheer is, of gebruik as 'n voorkomende behandeling. U kan ook Axhilirit© Ekseem Room uitsluitlik gebruik oor die hele liggaam.


Gewrigsareas (in waai van elmboë, knieë, ens):
Sommige kliënte ervaar ekseem net op gewrigsareas. Hulle het bevind dat 'n druppel Axhilirit© Ekseem Olie ingemaseer in die geaffekteerde areas twee keer per dag, opgevolg met 'n ligte lagie Axhilirit© Salf soos nodig, verlig en genees die area in die kortste moontlike tyd. Alternatiewelik kan u ‘n ligte lagie Axhilirit© Ekseem Room 2-3 keer per dag aanwend.

 

Ekseem op die ooglede en in die Wimpers:

Behandel deur 'n klein hoeveelheid Axhilirit© Ekseem Olie met 'n skoon vinger op die ooglid aan te wend. Verwyder oortollige olie. Behandeling voor bedtyd is idiaal, maar kan ter enige tyd geskied.

 

Ekseem in die ore of oorkanaal:

Wend 'n druppel olie aan op 'n katoen-pluisie en plaas in die oorkanaal. As net die buitekant van die oor geaffekteer is, wend 'n klein hoeveelheid Axhilirit© Ekseem Olie direk op die area. Die jeuk behoort bykans onmiddelik te stop. 


Seisoenale Ekseem:
Gewoonlik met die aanvang van 'n nuwe seisoen word droeë vel ʼn probleem en vererger dan tot ekseem. Om te verhoed dat die situasie voorkom, word dit aanbeveel om in 5-10 druppels Axhilirit© Ekseem Olie te bad. Indien die toestand verswak, word die simptome dienooreenkomstig behandel.


Kontak Dermatitis:
Kontak Dermatitis word meestal veroorsaak deur ʼn allergiese reaksie tot chemiese stowwe. Die beste resultate is behaal met die gebruik van Axhilirit© Ekseem Olie twee keer per dag liggies ingemasseer op die geaffekteerde areas, opgevolg met 'n dun lagie Axhilirit© Salf om herbesoedeling van die vel te verhoed. Alternatiewelik kan u ‘n ligte lagie Axhilirit© Ekseem Room 2-3 keer per dag aanwend. Spreek asseblief u geneesheer indien die toestand voortduur ná twee weke van behandeling met Healing Oil Produkte.


Akute Ekseem:
Gebruik enige van die bogenoemde kombinasies, afhangende van die erns van die veltoestand.
Dit word aanbeveel dat ekseemlyers elke paar dae bad in 5-10 druppels Axhilirit© Ekseem Olie om die helende proses te bevorder. Axhilirit© Ekseem Olie word sodoende deur die vel geabsorbeer deur middel van osmose.

 

Al ons produkte is veilig om te gebruik op babas, kinders en troeteldiere. Die Axhilirit© Salf is veral effektief met ekseem by kinders, wat 'n strelende en beskermende lagie op die vel agterlaat.
Die gebruik van kortisoon bevattende produkte word nie aanbeveel indien met alternatiewe terapieë begin word nie.
Alternatiewe terapieë het gewoonlik ʼn ontgiftingsreaksie op die liggaam. Dit beteken dat die toestand van die vel wat wel met kortisoon behandel is, eers sal vererger terwyl die ontgifting plaasvind. Na 1-2 dae van ontgifting sal die veltoestand verbeter en genesing begin plaasvind.
Baie akute ekseemlyers het uitstekende resultate met die behandeling van die meer hanteerbare areas met Axhilirit© Ekseem Olie, terwyl hy/sy nog areas wat akuut is met behulp van kortisoon behandel. Soos die Axhilirit© Ekseem Olie behandelde areas genees, word die areas wat voorheen met kortisoon behandel was, stadig bekendgestel aan die Axhilirit© Ekseem Olie.


Ekseem of psoriase? Wat is die verskil:
In eenvoudige terme, Ekseem is die ontsteking van die huid (vel).
Psoriase is 'n kroniese, outo-immuun siekte wat versnelling in die groei van die vel veroorsaak, sonder dat die ou
selle afgewerp word.


RFGibson Healing Oil Products
072 588 9090
Axhilirit© /Rejuvinit©
05.11.2011
Copyright © RFGibson 2009-2017

DMC Firewall is developed by Dean Marshall Consultancy Ltd