HOP Pine Blue See Through FinalNourishing Skin since 1850

 

HOP Pine Blue See Through Final

 

 

Healing Oil Products

Tel: 072 588 9090 office hours Monday to Friday 9am to 4pm

Closed Weekends and SA Public Holidays

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 PRICE LIST

Healing Oil Products is based in Cape Town with Clients in 35 countries. Order Online, request an order form via email, or visit one of our Selected Outlets.

 

Please note that prices are subject to material price increases and may change without prior notice.

 

 

  

Healing Oil Products for Axhilirit Eczema and Rejuvinit Anti-Ageing on Pinterest

Eczema and Anti Ageing Healing Oil Products

 

 

072 588 9090 

Office Hours Mon-Fri :

9:00 - 16:00

 

Last update: 14 September 2017

 

Available Payment Methods:

PayPal, PayFast, EFT, Cash

 paypal 

 PayFast-logo

  Bank Transfer - EFT Mastercard  Visa

Secure, 3rd Party Online Payments since 2009. 

Copyright © 2009-2017 RFGibson Healing Oil Products.

All copyright rights reserved. 

Rejuvinit Exclusive Beauty Products1

 

 

 

 

AFR Rejuvinit Produkte

1 - Rejuvinit GOLD Anti Ageing Serum H Gibson Shocking Results

Koop Rejuvinit Produkte HIER

Rejuvinit©
PRAGOLIE, VELVERJONGENSERUM (BOERE-BEAUTOX©), VERJONGENSROOM, NAELOLIE


Natuurlike Vel-opkikker en Verjonger
Rejuvinit© is 'n algemene vel-opkikker en verjonger sowel as 'n gesig-, nek-, hand- en naelolie.
Rejuvinit© word vinnig geabsorbeer deur die vel en laat 'n aangename, opbeurende en ontspannende reuk agter. Dit word gebruik in die verligting van:
 Plooie
 Aknee / aknee littekens
 Velverkleuring
 Ouderdoms- en Lewervlekke
 Help om ou sonbrandskade te verlig
 Verklein uitermate groot porieë op die gesig en neus
 Gevorderde Nasorg vir Brand en Kanker areas
 Naels – verbeter kwaliteit
 Stresverligter en ligte liefdesopkikker
 PMS, Pynlike Maandstondes, Warmgloede


Merkwaardige resultate is opgemerk binne vyf dae van toepassing! Die ouer, meer beskadigde vel neem 'n paar ekstra dae om die verjongende effek te vertoon. Rejuvinit© verhoog die vel se elastisitiet and help om droeë, olierige, geïrriteerde en sensitiewe vel te balanseer. Dit word dikwels gebruik om te help om rekmerke en littekens te verminder.


Bevat: Natuurlike Plantaardige Olies, Raar Blomolies, Pelargonium Graveolens, Melaleuca Alternifolia (Teeboom Olie)


Voorsorgmaatreëls:
Blomolies bevat vrugafwerpende (aborterende) eienskappe.
Rejuvinit© produkte moet nie tydens swangerskap gebruik word nie.
Vermy verlenge kontak met die oë en mukusmembrane.
Rejuvinit mag in sommige persone ‘n detoksifiserende effek hê. Dit mag lei tot ‘n ongemaklike periode waartydens die liggaam deur die vel ontgif word. As hierdie ongemak meer as ‘n dag of wat aanhou, moet u ophou om Healing Oil Produkte verder te gebruik.
Healing Oil Produkte bevat NEUTOLIES.


Rejuvinit© GOLD (Boere-Beautox©):
Natuurlike Velverjonging Serum
 Spesifiek geformuleer vir hardnekkige plooie
 Resultate kan binne 20 minute gesien word
 Verryk met eksotiese Italiaanse Blomolies
 Dames raak verlief op Rejuvinit© GOLD en verwys daarna as ‘n natuurlike ‘Botox’ of Boere-Beautox©
Merkwaardige resultate is al binne 20 minute vanaf aanwendig gemeld! Die ouer, meer beskadigde vel neem ‘n bietjie langer om resultate te toon.
Rejuvinit© Gold help om die beskadigde vel (plooi) te genees deur die liggaam se natuurlike genesingsmeganisme aan te wakker sodat die vel weer sy eie kollageen kan begin vervaardig on die vel te verjonk.
Resultate mag verskil van persoon tot persoon. Die algemeene tydperk vir die opplomp van plooie is gewoonlik sigbaar binne die eerste 20-30 minute na aanwending, met drastiese resultate teen dag 5-7.
Die beste resultate word na gereelde gebruik (1-3 maande) genoteer, waarna net onderhoudsorg aanbeveel word.
Jare van verwaarlosing kan nie binne 20 minute of 5ml olie omgekeer word nie. Hoogs beskadigde en moeë vel neem tyd om te genees. ‘n Klein aantal kliente (ongeveer 2%) reageer glad nie op Healing Oil Produkte nie.
Gebruiksaanwysings:
 Masseer sagkens 'n druppel op 'n slag in hardnekkige plooi area in. Begin twee keer per dag vir 5-7 dae waarna u kan afskaal na een keer per dag totdat u tevrede is. Dit word aanbeveel dat die vel ‘n paar dae rus ontvang om te genees na elke 21 dae se gebruik.
 Meeste behandelings duur 1 tot 3 maande. Hierna kan met onderhoudsterapie voortgegaan word.
 Onderhoudsterapie is een druppel olie elke paar dae ingemasseer op vorige probleemarea.
 Vir algemene vrae en terugvoering van kliënte, verwys na Rejuvinit© GOLD inligting op hoofblad.
 Rejuvinit© GOLD is veilig om op die ooglede gebruik te word as 'n sagte olie om die plooie op en om die ooglede te verlig, asook om die sakkies onder die oë te help plattrek. Gebruik versigting. Die olie mag 'n brandende sensasie veroorsaak as dit in die oog kom as gevolg van die Teatree Olie. Spoel die oog uit met water.
Onderhoudsorg:
 Voeg 1-2 druppels Rejuvinit© GOLD by elke teelepel van u normale velsorg produk, of masseer 'n druppel olie in 'n vorige problematiese area in. Alternatiewelik, gebruik Rejuvinit© Verjongensroom wat 2% Rejuvinit© GOLD bevat, as 'n natuurlike bevogtiger. Meeste dames gebruik die Rejuvinit© Verjongensroom as ‘n ondersteunings- en bevogtende nagroom.


Rejuvinit© Cream (Velverjongensroom):
 'n Natuurlike velverjongens- en bevogtigingsroom wat Rejuvinit© Olie en 2% Rejuvinit© GOLD bevat.
 Vir onderhoudsdoeleindes, of gebruik as 'n velverjongensbevogtiger, veral op die gesig, nek en hande.
 Meeste kliente gebruik Rejuvinit© Cream as ‘n opkikkings-nagroom.
 Bevat: Natuurlike Plantaardige Room, Natuurlike Plantolies, Raar Blomolies, Pelargonium Graveolens, Melaleuca Alternifolia (Teeboom Olie)


Rejuvinit© werk soos volg:
Die olie word vinnig deur die vel geabsorbeer en deurgevoer tot by die stratum basale waar die vel se selle geproduseer word. As gevolg van die versnelling van die produksie van selle deur Rejuvinit©, word die normale drie week vervangingstydperk van die vel versnel. Dit lei tot die vinnige vervanging en afwerping van ou, beskadigde selle. Gedurende hierdie tydperk mag die vel droog en styf voel (die vel kan selfs reageer met 'n lae-graadse inflammasie terwyl die ou selle skei). Gedurende hierdie tyd kan addisionele bevogtiging toegepas word om die afstorting van selle te help. Die vel sal hierna meer gebalanseerd (pH) en gesonder lyk. Probleem areas mag dalk bykomende behandeling benodig.


Bykomende Voordele:
Rejuvinit© verlig hormonale probleme soos PMS, pynlike menstruasies en warmgloede. Dit dien ook as 'n stresverligter en ligte liefdesopkikker.
Grimering kan binne vyf minute na behandeling met Rejuvinit© aangewend word.


Gebruiksaanwysings vir Rejuvinit© Pragolie (Beauty Oil):


Velverjonging en algemene velopkikker:
 Masseer sagkens 'n druppel op 'n slag in probleem area in (1-2 keer 'n dag).
 'n Warm gevoel, gewoonlik na 'n paar aanwendings, dui op die herstel van selle en dat voldoende olie aangewend is om die meeste skade teë te werk. Onderhoudsorg word hierna aanbeveel
 Rejuvinit© kan gebruik word as 'n ontspannende badolie. Gebruik 5-10 druppels per bad.
 Rejuvinit© kan op die ooglede gebruik word as 'n sagte olie om die plooie op die ooglede te verlig, asook om die sakkies onder die oë se swelling te help plattrek. Gebruik versigting. Die olie mag 'n brandende sensasie veroorsaak as dit in die oog kom as gevolg van die Teatree Olie. Spoel die oog uit met water.


Onderhoudsorg:
 Voeg 1-2 druppels by elke teelepel van u normale velsorg produk, of masseer 'n druppel olie in 'n vorige problematiese area in. Alternatiewelik, gebruik Rejuvinit© Room as 'n natuurlike bevogtiger.


Stresverligter en ligte liefdesopkikker:
 Om stres te verlig, masseer ‘n druppel olie op die agterkant van die hande, oor die polse en/of twee druppels oor die kliere reg onder die ore.
 Vir die gebruik as ‘n ligte liefdesopkikker, laat u lewensmaat u sagkens masser met ‘n paar druppels Rejuvinit© oor die bors/hart area. Die effek sal beter wees as beide genote Rejuvinit© op ‘n gereelde basis gebruik.


Verbeter Kwaliteit van Naels:
 Masseer ‘n bietjie olie liggies in die naelbed van al die vingers en tone. Begin een keer per dag en skaal behandeling af na een of twee keer 'n week soos die kwaliteit en groei van die naels verbeter. Vir die beste resultate, maak gebruik van Rejuvinit© Nael Olie.


PMS, Pynlike Maandstondes en Warmgloede:
 Masseer twee druppels olie oor pynlike areas (eierstok, baarmoeder, rug) om simptome te verlig. Sommige kliënte het gemeld dat swaar bloeding verlig word met gereelde gebruik.
 Vir die verligting van PMS, masseer Rejuvinit© twee keer per dag (2-4 druppels) in die gesig of nek, of neem gereeld ‘n bad met 10 druppels Rejuvinit© in die water.
 Vir warm gloede, masseer 2-6 druppels (per dag) Rejuvinit© ten minste een keer 'n dag aan die gesig en nek area. Warmgloede mag voortduur vir die eerste 10-21 dae, waarna kliënte gemeld het dat hulle geen verdere ongemak ervaar het nie.


Litteken Nasorg en Rekmerke:
 Rejuvinit© is bevind om uiters doeltreffend in die beheer van littekens te wees. Littekens wat in die kinderdae opgedoen was, en ernstige keloïde is verlig, of heeltemal genees deur die gebruik van die olie twee keer per dag. Nuwe littekens is baie vinnig verlig, waar ou littekens meer tyd neem.
 Rejuvinit© is bevind om 'n diepgaande uitwerking op rekmerke te hê, veral op' n donkerder veltoon en mans in die besonder. Rejuvinit© verlig en verminder die voorkoms van ernstige rekmerke op persone met ‘n ligter veltoon.


Gevorderde Nasorg vir Brand areas:
 Rejuvinit© is suksesvol gebruik in die genesing van wonde en littekens wat deur brandwonde agtergelaat word. Tweede- en derdegraadse brandwonde kan eers met Axhilirit© behandel word om te help met die vinnige genesing van weefsel. Wanneer voldoende genesing plaasgevind het en die letsels is sigbaar, kan die brandpersoon begin met Rejuvinit© om die letselvorming drasties te verminder. Masseer Rejuvinit© ten minste twee keer 'n dag sagkens in die letsel in totdat die vel heeltemal gesond is en geen verdere letsels sigbaar is nie.
 Rejuvinit© word gebruik om te help met die genesing van ouer brandletsels. Selfs letsels en ou brand keloïde van dertig jaar het drasties verbeter met gereelde gebruik.
 Regenerasie van haarfollikels en sweetkliere mag voorkom.
 Kontak ons gerus met enige vrae want elke persoon wat erge brandwonde oorleef het ervaar die liggaamlike genesing op ‘n ander manier.


Gevorderde Nasorg vir Kanker areas:
 Rejuvinit© is baie suksesvol gebruik om die genesing van velkankers te bespoedig. Masseer Rejuvinit© twee keer 'n dag aan 'n verdagte area, en ten minste een keer per dag vir twee weke na die verdwyning van die verdagte plek.
 Kliënte wat aan kanker ly en bestraling ontvang het, het Rejuvinit© op die bestralingsareas gebruik om die brandwonde te help genees. Gebruik slegs nadat die bestraalde area nie meer rou is nie. Gebruik Axhilirit© kort na die bestraling om die area eers te help genees. Bespreek eers die reëls en regulasies met u dokter omdat
sommige mediese skemas nie uitbetaal indien u enige ander medikasie (alternatief of homeopaties) gebruik terwyl u deur middel van bestraling behandel word nie.
 Kliënte wat chemoterapie ontvang, het Rejuvinit© as ‘n mondspoelmiddel gebruik (twee druppels op' n glas water) om te help om mondsere weg te hou.
 Kliënte wat chemoterapie ontvang, gebruik Rejuvinit© om te help met die instandhouding van hulle are na die chemoterapie sessies. Masseer Rejuvinit© liggies in die geaffekteerde areas in.
 Sommige kliënte wat aan kanker ly masseer Rejuvinit© direk in of oor die aangetaste areas.
 Kontak ons vir verdere inligting oor die gebruik van Rejuvinit© en kanker.


Rejuvinit © Nael Olie:
 Ontwikkel in samewerking met 'n naeltegnikus. Rejuvinit© Nael Olie dring deur die naels, naellak en akriel naels om die selle te voed en te herstel.
 Help om swaminfeksies te voorkom en te behandel.
 Herstel die nael tot 'n pragtige, natuurlike toestand.
 Help om ingroei toonnaels te verlig en om beskadigde en verdikte naels normaal te laat uitgroei.
 Voed en herstel naelbed na 'n natuurlike mooi toestand.
 Sal nie akrieliese naels beskadig of losmaak nie. Wend olie aan oor naellak of akriel naels.
 Wend aan asof die olie ‘n normale naellak is. Maak seker om die naelbed te inkorporeer met die behandeling. Die olie kan saggies in die naels ingemasseer word, of gelos word om natuurlik te droog (om en by 5 min) om ‘n natuulike glans agter te laat wat tot twee ure kan vertoon voordat die olie reg deur die nael penetreer.
 Alternatiewelik, wend slegs op nealbed aan en masseer sagkens in naels in.
 Bevat: Natuurlike Plantaardige Olies, Raar Blomolies, Simmondsia Chinensis, Pelargonium Graveolens, Melaleuca Alternifolia
 Let Wel: Natuurlike wasse stol teen koue temperature. Hou produk tussen hande om te smelt of bewaar in ‘n warm area. Die werking van die olie word nie benadeel teen hoë temperatuur nie.


RFGibson Healing Oil Products
072 588 9090
Axhilirit © / Rejuvinit ©
Januarie 2012
Copyright © RFGibson 2009-2017

DMC Firewall is developed by Dean Marshall Consultancy Ltd