Exclusive Beauty Products

      Rejuvinit© - Axhilirit© Natural Skin Care

     150 Years of Tradition Available to the Public since 2009

 

HOP Pine Blue See Through Final

 

 

Healing Oil Products

Tel: 072 588 9090 office hours Monday to Friday 9am to 4pm

Closed Weekends and SA Public Holidays

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Healing Oil Products is based in Cape Town with Clients in 35 countries. Order Online, request an order form via email, or visit one of our Selected Outlets.

 

Please note that prices are subject to material price increases and may change without prior notice.

 

 

  

Healing Oil Products for Axhilirit Eczema and Rejuvinit Anti-Ageing on Pinterest

Eczema and Anti Ageing Healing Oil Products

 

 

072 588 9090 

Office Hours Mon-Fri :

9:00 - 16:00

 

Last update: 21 April 2017

 

Available Payment Methods:

PayPal, PayFast, EFT, Cash

 paypal 

 PayFast-logo

  Bank Transfer - EFT Mastercard  Visa

Secure, 3rd Party Online Payments since 2009. 

Copyright © 2009-2017 RFGibson Healing Oil Products.

All copyright rights reserved. 

Rejuvinit Exclusive Beauty Products1

 

 

 

 

AFR Axhilirit HO Helende Olie en Salf

2015 Axhilirit Healing Oil 20ml - Web1 2015 Axhilirit Ointment range - Web - Copy

Koop Axhilirit HO Produkte HIER

Axhilirit© HO Helende Olie en Salf

Inligtingspamflet


Axhilirit© is 'n natuurlike produk verkry vanaf plantolies. ʼn Enkele druppel bevat al die anti-bakteriese, anti-septiese, anti-virale en swamdodende eienskappe vir die versnelde versorging van alle vorme van wonde, sodoende word verseker dat die liggaam natuurlike hulp ontvang om te genees. Die olie vorm ʼn dun versperring wat verhoed dat verdere infeksie plaasvind. Dit lei tot die vinnige vorming van rowe.


Veiligheid:
• Vanpas om op babas, kinders en troeteldiere te gebruik.
• HEALING OIL Produkte word deur die vel geabsorbeer en toon geen teëwerking saam met die gebruik van alternatiewe, homeopatiese en natuurlik medikasie nie.
• Veiligheid in die gebruik van HEALING OIL produkte saam met farmaseutiese produkte is nie getoets nie. Raadpleeg 'n geneesheer as in betwyfeling of op kroniese medikasie. Mense wat orgaanoorplantings gehad het moet nie Healing Oil Produkte gebruik nie want die olies versterk die immuniteit wat mag lei tot die kansellasie van die effektiwiteit van immuun-onderdrukkende medikasie.
• HEALING OIL Produkte bevat neutolies.
• Axhilirit© mag in sommige persone ‘n detoksifiserende effek hê. Dit mag lei tot ‘n ongemaklike periode waartydens die liggaam deur die vel ontgif word. As hierdie ongemak meer as ‘n dag of wat aanhou, moet u ophou om Healing Oil Produkte verder te gebruik.


WONDVERSORGING:
Die aanwending van Axhilirit© kan lei tot 'n brandende sensasie op oop wonde. Dit is die liggaam se bevestiging dat daar infeksie teenwoordig is in die wond en dat Axhilirit© besig is met die uitvoering van sy funksie van ontsmetting en skoonmaak van die wond. ʼn Enkele aanwending is gewoonlik voldoende vir skrape en kleiner wonde, terwyl groter wonde herhaalde toedienings nodig het.


Skaafwonde, klein snye:

Wend Axhilirit© aan die skaafplek of sny. As u geen metode het vir die skoonmaak van die skaafplek of sny nie, wend Axhilirit© direk aan. Hou altyd voorraad byderhand in die kombuis, die badkamer, in die motor, handsak, ens vir noodhulp.


Bytplekke en skrape deur diere veroorsaak:

Wees altyd baie versigtig vir infeksie met skrape (veral van katte). Wees op die uitkyk vir enige teken van koors wat dalk op ‘n probleem mag dui en raadpleeg onmiddellik 'n geneesheer as daar koors voorkom. Met oppervlakkige skrape, of as hulp nie geredelik beskikbaar is vir dieper wonde nie, kan Axhilirit© gebruik word vir ontsmettingsdoeleindes. Met bytwonde en diep krapmerke, raadpleeg 'n geneesheer so gou as moontlik. Gebruik Axhilirit© om die wonde aan te moedig om te genees.


Diep snye en Meswonde:

Raadpleeg u naaste mediese fasiliteit so gou as moontlik as dit ernstig is en daar baie bloedverlies voorkom. Axhilirit© kan aangewend word om te help in die genesing van die wond.


Geroeste Draad/Doringdraad:

Wend Axhilirit© aan so gou as moontlik nadat geskraap is deur geroeste draad. Een of twee aanwendings is gewoonlik voldoende on die vel te help genees. Indien die vel 'n litteken vorm, behandel soos vir letsels.


Operasie Nasorg:

Axhilirit© kan gebruik word om genesing te help versnel en verminder die swelling ná 'n operasie. Moet Axhilirit© nie direk op steke aanwend nie. Die versnelde genesing mag die steke laat vasgroei in die vel. Wend Axhilirit© direk op wond nadat steke uit is. Indien littekens vorm, behandel soos vir letsels.


BRANDWONDE:
Kombuis / badkamer brand- en skroeiwonde (nie groter as 'n R5-muntstuk):
Koel die geaffekteerde brand area met koue water af. Wend Axhilirit© aan. Herhaal die behandeling indien nodig.
Sonbrand: Indien die vel slegs rooi vertoon en geen blase aanwesig is nie, wend net Axhilirit© olie aan. Die beskadigde vel mag dalk nog afskilfer, maar die inflammasie en pyn sal gou onder beheer wees. Raadpleeg 'n geneesheer indien waterblase teenwoordig is. Waterblase dui op ernstiger skade.
Groter en ernstige brandwonde:

Alle brandwonde aan babas, 'n brandwond dieper as sonbrand, ʼn brandwond groter as' n R5-muntstuk en 'n brandwond in die gesig, op die hande, voete en in die private dele word geag as ernstige brandwonde. Kontak u naaste mediese fasiliteit.
Nood Behandeling vir Brandwonde:

Verwyder die beseerde persoon van die bron van die besering, bv verwyder smeulende klere. In die geval van 'n elektriese brand, skakel die hoofskakelaar af. Plaas die wond in koue water In die geval van ʼn chemiese brand moet die wond deeglik afgespoel word. In die geval van' n elektriese brand moet daar gelet word op die beseerde persoon se sirkulasie en asemhaling. Wend ʼn droeë verband aan. Moet NOOIT heuning, botter of watte gebruik nie. Wend Axhilirit© olie aan om te help met die herstel van die brandwond nadat die persoon ontslaan is deur die mediese fasiliteit/geneesheer.
Brandwond Skedule:
Eerste graad of oppervlakkig: Rooi vel met geen blase (soos sonbrand).
Tweede graad of gedeeltelike dikte: Die vel is rooi of gespikkeld, met blase.
Derde Graad of volledige dikte: Die vel is wit of verkool, leeragtig by aanraking, en meestal pynloos.
Brand Inaseming:

Vlam inaseming kan die boonste lugweë beskadig Giftige gasse (bv. brandende plastiek) rig skade aan laer af in die longe en die alveoli Tekens van inasemingsbrandwonde: persoon is vasgevang in 'n brandende omgewing, brandmerke of wonde van die gesig of mond asemhalingsprobleme swart deeltjies in die spoeg.


Axhilirit© Ander gebruike:


Aambeie:

Wend Axhilirit© Salf aan geaffekteerde area.


Aknee:

Masseer versigtig ʼn druppel Axhilirit© op die probleem area tot dit genees. Vir nog beter resultate, gebruik Rejuvinit© Pragolie wat spesiaal gekombineer is vir die meer sensitiewe dele van ʼn mens se liggaam, asook vir die balansering van hormone.


Artritis, Gewrigspyne, Spierpyne:

Gebruik Axhilirit© as 'n sagte masseerolie vir die verligting van artritis, spierpyne en gewrigspyne.


Bedsere, Diep Vel Ultusse, Ernstige weefsel skade:

Axhilirit© kan twee maal per dag direk op die wond aangewend word. Die olie laat 'n beskermende laag en versnel natuurlike weefselgroei.


Diabetiese Sere, Diabetiese Ultusse, Jig, Kneusings, Verstuitings, Winters Tone en Vingers:

Masseer Axhilirit© versigtig in die aangetaste area in. Axhilirit© help om die bloedtoevoer na die beskadigde weefsel te verbeter, wat lei tot versnelde wondgenesing.


Ekseem, Droë vel, Jeukerige Uitslag:

Vir byna onmiddellike verligting, wend Axhilirit© Ekseem Olie ten minste twee keer per dag aan op die geaffekteerde dele. Kan gebruik word as 'n bevogtigende badolie deur die byvoeging van 5-10 druppels olie in die bad.


Gordelroos (Shingles):

Sommige kliënte het gordelroos suksesvol behandel met Axhilirit© en Axhilirit© Ekseem. Hou aan met behandeling vir ten minste 14 dae nadat simptome verdwyn het.


Koorsblare, gebarste vel (lippe, hande, hakke, haakskene), Eelte:

Wend Axhilirit© Salf direk aan op die geaffekteerde dele vir ‘n verlengde aksie.


Letsels, Littekens, Rekmerke, Plooie, Velverkleuring, Keloïde (Velverdikkings):

Masseer Rejuvinit© Pragolie direk in probleem area, ten minste twee keer per dag.


Luieruitslag:

Masseer ʼn druppel Axhilirit© liggies aan baba se boudtjies voor aanwending van die normale room, of gebruik Axhilirit© Salf as direkte versperring.


Mond Higiëne, Mond Sere, Seer keel:

Vir algehele versorging borsel u tande met 'n oplossing van Axhilirit© (1-2 druppels op 'n glas water). Spoel u mond met die bogenoemde oplossing om mondsere en beskadigde tandvleis te help genees, of gorrel om 'n seer keel te verlig. Alternatiewelik kan 'n druppel olie op die betrokke area aangewend word. Dit kan lei tot ‘n teidelike gevoelloosheid wanneer die olie onverdun aangewend word.


Muskiet en Vlooibyte (Gewone huishoudelike insekte):

Wend ʼn druppel Axhilirit© aan die geaffekteerde area.


Ontgifting (Detox):

Plaas 10 druppels in u bad vir 'n totale liggaam ontgifting of 6 druppels vir 'n voetspa.


Oorontsteking:

Seer ore kan behandel word met Axhilirit© deur die invoeging van wattepluisies met twee of drie druppels olie op. Die Axhilirit© dampe sal help om die oorontsteking te verlig. Masseer versigtig 'n druppel Axhilirit© aan die agterkant van die oor. Indien die toestand voortduur, kontak u geneesheer.


Pitswere:

Wend Axhilirit© twee maal per dag aan totdat die pitsweer oopmaak. Die helingsproses sal vinnig plaasvind en nie die gewone pers letsel laat nie.

 

Pynbehandeling:

Gebruik Axhilirit© Pain Therapy Sports Gel of Axhilirit© Pain Therapy Massage Balm vir vinnige verligting van pynlike liggaamsdele. Topikale anti-inflammatories as gevolg van die Arnika-olie en Wintergroen-olie. Die Axhilirit© PT Sport Gel is 'n vinnig absorberende gel vir byna onmiddilikke pynbehandeling. Axhilirit© PT Massage Balm word gebruik waar 'n verlengde reaksie benodig word, soos met massering of deur-die-nag behandeling. Verwys na die Axhilirit© Pain Therapy blaaie vir verdere inligting. 


Sinus, hoes, verkoues:

Gebruik Axhilirit© om die borskas in te vryf om griep en verkoue simptome te verlig. Verlig Sinus met die aanwending van ʼn druppel Axhilirit© ingemasseer tussen die oë, oor die brug van die neus en oor die wangbene. Axhilirit© Salf kan aangewend word in die binnekant van die neus totdat simptome opgeklaar het.


Skeeruitslag:

Gebruik Rejuvinit© vir die voorkoming en genesing van skeeruitslag.


Spatare:

Masseer Axhilirit© versigtig in 'n opwaartse beweging (vanaf die voete na die hart) vir die verligting van swelling en pyn.


Spinnekopbyt:

Axhilirit© toon groot sukses met die behandeling van spinnekopbyte insluitend die Viooltjie Spinnekop se byt. Maak die byt-wond oop met ʼn steriele naald en druk saggies so veel as moontlik van die sug uit. Wend Axhilirit© aan en probeer soveel moontlik daarvan in die opening inkry. Herhaal die behandeling as die infeksie voortduur. In die geval van gepaardgaande koors, raadpleeg onmiddellik 'n geneesheer.


Tandpyn en Gesigswelling:

Masseer Axhilirit© versigtig in die vel bokant die tandvleis-lyn en op die swelling. Alternatiewelik kan 'n druppel olie direk aan die betrokke tand aangewend word. As die toestand voortduur, raadpleeg 'n geneesheer.


Veluitslag, Brandnetel Uitslag:

Wend Axhilirit© aan geaffekteerde area. Kontak u geneesheer indien die toestand voortduur.


Vratte, Moesies:

Aanwending twee keer per dag, laat vratte en moesies krimp of heeltemal verdwyn!


RFGibson Healing Oil Products
072 588 9090
Januarie 2012
Copyright © RFGibson 2009-2017

DMC Firewall is developed by Dean Marshall Consultancy Ltd